Briewe

Room, Koffie, Beskuit, Koekstruif en BOME

Dis sulke tyd. Nog net ‘n paar slapies dan is dit tyd vir daai lekker rustyd. Ek kan nie wag vir daai 2 weke by die tuinroete nie – een week in die voortuin en een week in die agtertuin. G,rappies op ‘n stokkie – die sukses le in die beplanning. Finansiele beplanning is ongelukkig deel van die pakket. Kom koop jou versnaperinge betyds en vermy die vakansie druktyd. Neute, Burtons Dry Lemon, Pienk Tonic, Indian Tonic, Soda Water (almal R5 per blikkie). 820g Blikke Perskes en Peer – R15 of R12 elk as jy ‘n boks van 12 koop. Moenie die straat se KOEKSTRUIF (TRIFLE) vergeet nie. Bederf die kinders met 3 tweeliter koeldranke (3 vir R25), 3 sespakke YOGHURT vir R29.90. Vars Kersies en bloubessies bring die gesondheid darem ook op die spyskaart. … Lees gerus verderRoom, Koffie, Beskuit, Koekstruif en BOME

Posted on

BAKKERS, KRAGBOKSE en INGELEGDE VRUGTE

Daar is min dinge so lekker soos die heerlike koelte op my stoep half 6 in die oggend. Die tortelduiwe koer en ek is in my element. Met gister se temperature (43 grade in Wellington) nog vars in die geheue en die volgende week se voorspellings van middel dertigs temperature val Swart Vrydag net soos boompies met swart/droe blare wat gered moet word. Die Munisipaliteit se waterlorrie het gekalf en ons 20 boompies daar by Usave het amper ook gekalf. Gelukkig het ons dit betyds raakgesien en kon ‘n ander lorrie kom help.
Lees gerus verderBAKKERS, KRAGBOKSE en INGELEGDE VRUGTE

Posted on

Swart Vrydag Heelweek

Daar is min dinge so lekker soos die heerlike koelte op my stoep half 6 in die oggend. Die tortelduiwe koer en ek is in my element. Met gister se temperature (43 grade in Wellington) nog vars in die geheue en die volgende week se voorspellings van middel dertigs temperature val Swart Vrydag net soos boompies met swart/droe blare wat gered moet word. Die Munisipaliteit se waterlorrie het gekalf en ons 20 boompies daar by Usave het amper ook gekalf. Gelukkig het ons dit betyds raakgesien en kon ‘n ander lorrie kom help.
Lees gerus verderSwart Vrydag Heelweek

Posted on

Koningsproteas, Koning Springbokke

DIE SPRINGBOKKE: 7’s Wereldkampioene, 15’s Wereldkampioene en nou ook 14’s Wereldkampioene. Man dit was lekker om hierdie wedstryd saam met my buurman te kyk en saam met Oom Freddie se lekker dik tradisionele melktert. Hierdie Saterdag het ons Camembert, Cottage Cheese (vir die dip) en Dip en Top. Ons gaan met ‘n vol mond VIR die Bokke en OP die ref skree. … Lees gerus verderKoningsproteas, Koning Springbokke

Posted on

Partytjiepryse, Hittebrekers en Kosblikwenners

‘n Aangename herinnering uit my jeug het vanoggend in die stort by my opgekom. Daai kosblik wat my ma vir my ingepak het in Sub A in die somer in Prins Albert. In daai klein bruin skooltassie was daar nie veel boeke nie. Wel ‘n gevriesde reghoekige plastiekbottel – Rooi aanmaak koeldrank – kliphard gevries – toegedraai in ‘n lappie en binne ‘n plastieksakkie binne ‘n tupperware bakkie sodat die res van die tas nie kan nat word nie. Dis hoe ons die somer getem het in Prins Albert. Hemel op aarde as jy daai koeligheid pouse uithaal. … Lees gerus verderPartytjiepryse, Hittebrekers en Kosblikwenners

Posted on

BOKSPRYSE IS DIE IN DING en gratis ‘POM POMS’

In die Wellington Begraafplaas staan ‘n huisie wat deur die Joodse gemeenskap aan die Drakenstein Munisipaliteit geskenk is. Die struktuur van die huisie is nog in ‘n baie goeie toestand, maar soos baie onbewaakte geboue het vandale en kwaaddoeners dit geteiken om vuur teen die mure te maak en allerhande ongewenste graffitti op die mure te skryf. Sulke goed pla my. … Lees gerus verderBOKSPRYSE IS DIE IN DING en gratis ‘POM POMS’

Posted on

KOOKWATER SE HITTE PLANNE

Die lewe (en die HITTE) is darem nie so erg nie – SOLANK JOU PLANNE NET NIE OP RAAK NIE. Kookwater het ‘n klompie lekker planne vir Wellington se 35 grade vandag:

1. YOGHURTS: 900G NUTRIDAY R16.50, 500G LANCEWOOD DUBBELROOM R12.50, 150G LANCEWOOD DUBBELROOM R7.50

2. DRINKGOED: 300ml SCORE IMMUNE BOOSTER ORANGE r6.90 OF R36 vir 6, 330ml SWITCH COLA R36 VIR 6, 500ml POWER STATION R8 of R39 vir 6 (R6.50), Pura gegeurde WATER R27 vir 6, 500ml Still en ‘Sparkling’ WATER R4.50 (R4 grootmaatprys, 200ml BURTONS BLIKKIES R5 elk: Pienk Tonic, Indian Tonic, Soda Water, Dry Lemon. Steri Stumpies R45 vir 6 (R7.50) … Lees gerus verderKOOKWATER SE HITTE PLANNE

Posted on

Kookwater Blom vir die beker

Ons het 675 AMARYLLIS PLANTE IN 10 dae verkoop en die klante kom heeltyd terug vir nog. 3 plante – vol in die blom – vir R120 of R49 as jy net een koop. Dis so mooi, hulle verkoop hulle self. Ons kry vandag weer ‘n 100 nuwes in. Ons het begin met ‘n diep rooie en ‘n gemengde kleur, maar nou het ons omtrent 4 kleure en dit verander heeltyd. Dis ‘n fees om in jou tuin te he. Waar plant jy hulle – son of skaduwee? … Lees gerus verderKookwater Blom vir die beker

Posted on